Peoples_Dynamic_Development_logo
Loading…
  venue clients contact_us who_we_are recent_news articles    
what_we_do_01 recent_news_01 pdd_innovation_01
download
top
bg
 

Articles

BELÊ IN TOEKOMSTIGE REUSE - "Raising giant killers"

Dink terug aan jou eie loopbaan, so vêr terug as toe jy op skool was. Omtrent almal van ons sal 'n paar individue kan uitsonder (onderwysers, geestelike leiers, 'n familielid, 'n bestuurder) wie 'n bepaalde bydrae tot jou ontwikkeling gehad het, wie in jou vermoëns geglo het en wie jou aangemoedig het om drome en aspirasies na te jaag. Hulle het bo verwagting die beste in jou na vore gebring. Dit is as gevolg van die impak wat sulke mense op lewens het en die impak wat mentors op organisasies, besighede, kerke, kinders, die gemeenskap en ons land kan hê… wat ek hierdie tema van "Belê in toekomstige reuse" will bekendstel.

Hoekom "toekomstige reuse"?

Die leeuwyfie is die perfekte voorbeeld vir die grootmaak van "toekomstige reuse". Sy is dragtig vir net meer as 100 dae. Hierdie kort dragtyd het tot gevolg dat die welpies blind en weerloos is by geboorte. Dit is ongelooglik om te dink dat hierdie klein bondeltjies gebore word met die potensiaal om toekomsige reuse en suksesvolle jagters te word! Die leeuwyfie leer vir ons van die noodsaaklike kwaliteite van suksesvolle mentorskap. Sy verstaan haar konflikterende rol. Die rol van ma wat omgee en moet sorg, maar ook verantwoordelikheid het dat daar suksesvol gejag moet word om die voortbestaan van die trop te verseker. Die leeu wyfie is 'n geduldige ma en sy sal doelbewus tyd spandeer met haar welpies om toe te sien dat hulle aanvanklik veilig en versorg is. Dikwels is sy net daar vir hulle. Daar kom 'n tyd wanneer haar welpies gereed is om die trop te ontmoet. Die tydsberekening van hierdie bekendstelling word sorgvuldig beplan om te verseker dat haar kleintjies kan aanpas in 'n uiters kompeterende omgewing wat hoë eise aan elke lid van die trop stel. Die lewe as deel van 'n trop leeus bring wonderlike leer geleenthede. Die leeu wyfie beplan die blootstelling van haar welpies haarfyn en stel hulle op die regte tye bloot aan die verskillende aktiwiteite van die trop. Stelselmatig word hul geleer om te jag en sodoende word hul vertroue gebou en vaardighede ontwikkel. Sy besef die belangrikheid om hulle te speen en moedig die jong volwassenes aan om vir hulself te jag. Uiteindelik is hulle sukses as jagters deel van die sukses en die voortbestaan van die trop. Die leeuwyfie se vermoëns om haar kleintjies te versorg, hulle te beskerm en "toekomstige reuse" groot te maak is 'n merkwaardige analogie om by te leer.

Organisasies is baie dieselfde as 'n trop leeus. Indien hulle wil oorleef en volhoubaarheid bewerkstellig, behoort organisasies na te dink oor die voorsiening van spesialiste in kritiese poste, asook bevoegde bestuurders, veral op senior vlakke waar kennis, besluite en strategie deel uitmaak van die maatskappy se sukses. Daar is twee maniere om so 'n voorsiening van mannekrag te verseker.

Een manier is om aanstellings te doen in kritiese en senior poste van buite die organisasie. Dit bring verskeie geleenthede maar ook uitdagings na vore. Die beskikbaarheid van geskikte kandidate vir die vul van kritiese en senior poste is soms uiters beperk. Verskeie maatskappye word gedwing om in dieselfde poel van talent in te duik en aanstellings te maak wat moontlik nie die oplossing is nie. 'n Tweede moontlikheid is om soos die leeus talentvolle individue binne die organisasie te ontwikkel en sodoende voorsiening te maak vir 'n bevoegde groep werknemers wat gereed is vir ontwikkeling, groei en opvolg in die organisasie.

Organisasies wat wil oorleef sal bestuurders en leiers moet identifiseer met dieselfde "hart" as die leeuwyfie. Hulle moet bereid wees om as mentors op te tree en in tyd te belê vir die ontwikkeling van talentvolle individue. Hulle moet omgee, beskerm, blootstel en uiteindelik "reuse grootmaak" vir die besigheid.

Niël Steinmann
People's Dynamic Developement
Februarie 2006

[back to Articles]




footer
 
ng